
PROGRAM

Dinsdag
23 September

Met Samantha van den Berg en Chris Burgess
Boere Brekfis
LANDBOU
9:00 | Die Skeerhok Padstal | 120min | R300
Aangebied deur Die Burger: Landbou se redakteur Samantha van den Berg. Sy gesels met Chris Burgess, die redakteur van Landbouweekblad, oor die belang van die moderne landbouer in die hedendaagse samelewing.
’n Plaasontbyt en koppie boeretroos is ingesluit.

Met Charl du Plessis
Nataniël in konsert
LIGTE(R)
MUSIEK
19:00 | Heidelberg Stadsaal | 85min | R300
Slegs een vertoning! Hierdie heerlike konsert bestaan uit splinternuwe stories in Nataniël se unieke styl, asook musiek, oud en nuut, immergroen en oorspronklik en ’n versameling kostuums deur Floris Louw. Al die elemente van die Nataniël-skatkis: fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge word meesterlik aangebied met Steinway-pianis, Charl du Plessis, saam op die verhoog.
Woensdag
24 September
Dinsdag
23 September

Sandra Prinsloo en onse Afrikaans
GESPREK
Onderhoudvoerder: Haidee Muller-Isaacs
9:00 | Doornboom Opstal (Fouriehuis)
| 120min | R220
Sandra het vir die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) ’n reeks video-opnames gemaak wat die unieke aard, karakter en oorsprong van Afrikaans se diverse variëteite en dialekte verken. Dié verkenning strek van Gayle (gay kodetaal), Sabela wat in tronke gepraat word, Graaffrikaans, Tsotsitaal/Flaaitaal, Gariep- /Oranjerivier Afrikaans, Rasta-Afrikaans, Karoo-Afrikaans, Rehoboth-Afrikaans, Bo-Kaap-Afrikaans, Namakwaland-Afrikaans en Kaaps. Sandra deel haar unieke ervarings van hierdie opnames met die gehoor in die onderhoud met Haidee Muller-Isaacs. Moontlik gemaak deur die SBA.
’n Ligte ontbyt is ingesluit.

RooiBessieHart /
Corazón de Bayas Rojas
KLASSIEK & KABARET
Met Zanne Stapelberg (stem en saksofoon) en Elna van der Merwe (klavier)
11:30 | Proeviand | 60 min | R220
Hierdie besonderse produksie bestaan uit Spaanse klassieke en tangomusiek. Vokale werke van Astor Piazzolla, Enrique Granados, Manuel de Falla, Gerónimó Giménez en Ruperto Chapí word vermeng met gedigte van Pablo Neruda en die Namibiese digter Christine Hugo. Die program handel oor die suide van Spanje, skaamtelose passie, begeerte, ekstase, liefde, verlies en plesier.
Geen middagete ingesluit nie. Bestel gerus van die heerlike spyskaart af.

Harmonie Langtafel
LEEFSTYL
& JAZZ
Met die Ramon Alexander-kwartet: Ramon Alexander (klavier), Danél Murcott (fluit/ saksofoon), Chadleigh Gowar (baskitaar) en Annemie Nel (tromme)
19:00 | Heidelberg Stadsaal | 180 min | R400
’n Swierige partytjie met strelende jazz-klanke, asook heerlike kos word hierdie jaar vir die tweede maal by die fees aangebied. Van Loveren-wyne word saam met die ete bedien. Gaspersone: Niël Rademan en Haidee Muller-Isaacs.
Donderdag
25 September
Woensdag
24 September

Afrikaans100-ontbyt
TAAL
Met prof Michael le Cordeur. Aanbieder: Haidee Muller-Isaacs. Tema: Moedertaalonderrig en die uitdagings daarrondom
9:00 | Doornboom Opstal (Fouriehuis) | 120min | R220
Met die Afrikaanse taal wat 100 jaar as amptelike landstaal vier in 2025, tree Haidee Mulle-Isaacs in gesprek met die formidabele prof Michael Le Cordeur. Hy is ʼn stigterslid van die Taalraad, ʼn trustee van die Het Jan Marais nationale Fonds en die voorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Op internasionale vlak is hy lid van die Internationale Centrum voor het Afrikaans by die Gent-universiteit en die Internasionale Vereniging vir Navorsing in Taalonderwys (ARLE). Prof le Cordeur is passievol oor onderwys en natuurlik Afrikaans. Hy is onder andere vereer met ’n Kanselierstoekenning (2014) deur die Universiteit Stellenbosch, asook die Neville Alexander-prestigetoekenning vir sy lewenslange bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans (2020).
’n Ligte ontbyt is ingesluit.

Volksmond: Wȇreldmusiek
LIGTE(R)
MUSIEK
Met Clara Montochio (sang), Greg Aufmesser (kontrabas) en Gertjie Besselsen (kitaar)
11:30 | Proeviand | 60 min | R220
Clara Montocchio is ’n Weense sangeres met Suid-Afrikaanse wortels en bied saam met Greg Aufmesser volksmusiek en verhale in Duits, Frans, Engels en Afrikaans aan in hierdie spesiale produksie wat vir Hessequa Harmonie saamgestel is.
Die program bevat tradisionele liedere van regoor Europa asook oorspronklike komposisies van haar nuwe album, My Vreemde Kind, wat in Engels, Afrikaans, Duits, Frans en meer tale gesing word. Haar stem weef landskappe gevul met poësie en emosioneel gelaaide improvisasie wat die gehoor op ‘n unieke reis neem van die grootsheid van die Oostenrykse Alpe tot die rustigheid van die Suid-Afrikaanse veld.
Geen middagete ingesluit nie. Bestel gerus van die heerlike spyskaart af.

Afrikaans my hart
LIGTE(R)
KLASSIEK
Met Zanne Stapelberg (sopraan), Jo-Nette le Kay (sopraan), William Berger (bariton), Lynelle Kenned (sopraan) en Elna van der Merwe (klavier)
18:00 | Heidelberg Stadsaal | 60 min | R220
Afrikaans as amptelike landstaal word vanjaar 100 jaar oud. Hessequa Harmonie vier hierdie jaar die taal as deel van ons erfenis met ’n konsert gevul met klassieke sowel as populȇre liedere uit ons pragtige musiekskat.

Hans bars die bioborrel
TONEEL
Met Tiaan Slabbert | Boek: Rudi van Rensburg | Teksverwerking: Wim Vorster | Regie: Ėmil Haarhoff en Barend Mynhardt
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions
20:00 | NG Kerksaal | 90 min | R220
Eers was daar Hans steek die Rubicon oor, toe Hans gee vir Herklaas horings en nou is daar Hans bars die bioborrel! Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie. Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon.
Vrydag
26 September
Donderdag
25 September

Barok vir brekfis
KLASSIEK
Met Lynelle Kenned (sopraan) en Elna van der Merwe (klavier) en Petrus de Beer (viool)
9:00 | Doornboom Opstal (Fouriehuis) | 120min | R220
Die gevierde sopraan Lynelle Kenned sing van haar gunsteling barokmusiek en word begelei deur Petrus de Beer (viool) en Elna van der Merwe (klavier).
‘n Ligte ontbyt is ingesluit.

Erfeniskos
LEEFSTYL
In samewerking met die Pinotage-vereniging
11:30 | Proeviand | 120 min | R300
Die restaurant Proeviand is bekend vir hul keurige kos en mooi atmosfeer. Saam met die Pinotage-vereniging vier ons erfenisweek met tradisionele Suid-Afrikaanse kos en eg Suid-Afirkaanse pinotagewyne. Ons geniet heerlike bobotie en vars slaai uit Proeviand se tuin. (’n Vegetariese opsie is ook beskikbaar).

ATKV Galakonsert
KLASSIEK
Met die WindWorx Symphonic Wind Ensemble en Pamela Kierman (dirigent), Jo-Nette le Kay (sopraan), Zanne Stapelberg (sopraan), Lynelle Kenned (sopraan), William Berger (bariton) en ’n reuse gemeenskapskoor onder leiding van Betsie Ryke.
18:00 | Heidelberg NG Kerk | 90 min | R160

Saterdag
27 September
Vrydag
26 September

Blomme Brekfis
LEEFSTYL
Met Diederik Geldenhuys en Haidee Muller-Isaacs
11:00 |Dasjesdrift Teaterhuis (tuin) | 120min | R220
’n Eiesoortige blompraatjie en demonstrasie deur die plaaslike blommemeester, Diederik Geldenhuys. Ons gesels fynbos, natuurlike rangskikkuns en sy liefde vir die natuur.

Karnaval van die Diere
KLASSIEK & WOORDKUNS
Met José Dias (klavier) en Mario Nell (klavier)
Teks, vertelling en sang: Niël Rademan
14:00 | Dasjesdrift Waenhuis | 60 min | R200
Die Franse komponis Camille Saint-Saëns se musikaal komiese werk Karnaval van die diere is ’n uitbeelding van die diereryk en word met twee klaviere en ’n verteller uitgevoer. In hierdie bekende suite gebruik die komponis briljante instrumentale effekte om musikale prentjies te skets. Hierdie halfuurlange werk word voorafgegaan deur ’n program van ligter klassieke werke en sang.
Verversings te koop.

Afsluitingskonsert
LIGTE(R)
MUSIEK
Met Jak de Priester
16:00 | Dasjesdrift Waenhuis | 120 min | R180
Jak is ’n gesogde Afrikaanse sanger en skrywer. Hy is in 2002 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van sy treffers is “Sally Williams Nougat” en “Groen Mamba” en hy het ook die temalied van kykNET se sepie Binnelanders geskryf. Jak is volksbesit en hy maak vir die tweede keer sy Suid-Kaapse draai by die fees. Moet dit nie misloop nie.