top of page

PROGRAM

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

GESPREK

Boere Brekfis

Dinsdag 22 September

9:00 | Die Skeerhok Padstal | 120min | R300

Aangebied deur Landbouburger-redakteur Samantha van den Berg in gesprek met Prof. Theo Kleynhans oor moderne boerdery en sy skuif van akademikus na landboupraktisyn

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

KLASSIEK

Bulgarian Brunch

Dinsdag 22 September

11:30 | Proeviand | 60 min | R220

Miroslav Chakaryan (viool), Susan Mouton (tjello), Elna van der Merwe (klavier) Haydn, Brahms, Mendelssohn en tradisionele Bulgaarse musiek

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

KLASSIEK

Openingskonsert – Spiritual Songs

Dinsdag 22 September

19:00 | Stadsaal | 90 min | R220

Paulina Malefane (sopraan), Niël Rademan (bariton), Miroslav Chakaryan (viool), Susan Mouton (tjello), Elna van der Merwe (klavier) en die RUK-koor (o.l.v. Pam de Goede). Spirituele keuses soos Amazing Grace, Danny Boy en I’ll Walk with God


WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

LEEFSTYL

VRL Kuierkamer (Kaas en Wyn)

Dinsdag 22 September

20:15 | Banketsaal | 60 min | R150

Bestel vooraf ’n bordjie eetgoed en ’n glas wyn om na die konsert te geniet. Slegs op bespreking

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

GESPREK

Scheepers en Skrywers

Woensdag 23 September

9:00 | Fouriehuis | 60 min | R150

Riana Scheepers en PJO Jonker (landbouer, Renaissance-man en skrywer)

Twee gesoute skrywers gesels oor Jonker se debuutroman, Die Onsigbare.


Koffie en Tee beskikbaar

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

KLASSIEK

Van Holland tot Heidelberg

Woensdag 23 September

11:30 | Proeviand | 60 min | R220

Kaat Vanhaverbeke (akkordeon) en Josie McClure (saksofoon) - NorthSouth Duo. Lewendige, kultureel diverse werke: Roemeens, Spaans, Hollands, Pools, Balkan- en Suid-Afrikaanse musiek

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

WERKSWINKEL

Handwerk Werkswinkel 1

Woensdag 23 September

14:00 | Fouriehuis | 3 ure | R250

Slow Stitching: Kom dans stadig met lappies en garing

Aangebied deur Esther Snyman van die Sleeping Beauty Kwilters


WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

WERKSWINKEL

Organiese klei-werkswinkel

Woensdag 23 September

14:00 | Proeviand | 3 ure | R550

Kom speel met Moeder Aarde se klei tussen jou vingers.

Ons ets en druk organiese materiale in klei en ontdek hoe elke merk, tekstuur en afdruk deur die klei teruggespieël word. Skep jou eie bak of kruik en beleef die rustige, tasbare proses van handewerk met natuurlike elemente. Jou stuk word daarna twee keer in ’n pottebakkersoond teen 1100°C gebak en met glasuur afgewerk, sodat dit funksioneel in jou kombuis gebruik kan word. Werke sal ongeveer ’n week later by Proeviant afgehaal kan word. Met Dina Grobler 

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

WOORDKUNS

TaMiem van Swellendam
met Bettie Kemp

Woensdag 23 September

15:00 | Congregational Kerkie | 60 min | R220

’n Reis deur die lewe van een van Suid-Afrika se mees merkwaardige vroue: MER

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

BASAAR

Dagmark

Woensdag 23 September

16:00 | NG Kerksaal | 120 min | GRATIS

Lekker eetgoed, unieke handgemaakte items en gesellige atmosfeer 


GRATIS



WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

KLASSIEK

ATKV Galakonsert

Woensdag 23 September

18:00 | NG Kerk: 75 min | R160

Minette du Toit Pearce (mezzo), Paulina Malefane (sopraan), Corneil Muller (bariton), Elna van der Merwe (orrel|klavier), Windworx Simfoniese blaasorkes (o.l.v. Pamela Kierman en Riaan van Wyk) en feeskoor (o.l.v. Betsie Ryke en Ravic Fielies)

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

BASAAR

Nagmark

Woensdag 23 September

19:15 | NGK Saal | 120 min | GRATIS

Lekker eetgoed, unieke handgemaakte items en gesellige atmosfeer

GRATIS


WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

GESPREK

Scheepers en Skrywers

Donderdag 24 September

9:00 | Fouriehuis | 60 min | R150

Met Riana Scheepers & Prof. Steward van Wyk. ADAM SMALL: 90 jaar


Koffie en Tee beskikbaar

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

ERFENISKOS

Bobotie en Pinotage-kombinasie

Donderdag 24 September

11:30 | Proeviand | 120 min | R300

Musiek: Melodika met Irene Sutherland, Merinda Uys, Christelle Gildenhuys (fluit|tjello|klavier) Heerlike bobotie word bedien saam met wyne van Meerendal en Bellevue

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

WERKSWINKEL

Handwerk Werkswinkel 2:

Donderdag 24 September

14:00 | Fouriehuis | 3 ure | R150

Kreatiewe klets en kuier saam met Hilda Steyn: ontwerper van hekel- en breiwerk, skrywer en destyds verantwoordelik vir Vrouekeur se kreatiewe bladsye 


WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

WOORDKUNS

Adam Small: die viering van ’n vol lewe

Donderdag 24 September

15:00 | Congregational Kerkie | 60 min | R220

Dean Balie lees en sing Adam Small se gunsteling werke. Small, ’n skrywer, digter en akademikus, het sy lewe aan Kaapse poësie en drama gewy en bly ’n lewende stem

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

LEEFSTYL

Happies & Bierproe

Donderdag 24 September

16:30 | Delish | 90 min | R200

Vyf klein biertjies bedien met happies wat dit komplimenteer

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

KLASSIEK

3 Klaviere: Mozart, Movies en Maestros

Donderdag 24 September

19:00 | Stadsaal | 60 min | R220

Elna van der Merwe, José Dias & Mario Nel


WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

LEEFSTYL

VRL Kuierkamer (Kaas en Wyn)

Donderdag 24 September

20:15 | Banketsaal | 60 min | R150

Bestel vooraf ’n bordjie eetgoed en 'n glas wyn vir ná die konsert. Slegs op bespreking

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

GESPREK

Scheepers en Skrywers

Vrydag 25 September

9:00 | Fouriehuis | 120 min | R150

Riana Scheepers en Theo Kemp Theo is die skrywer van Skool (2011) en Strafjaart (2019), wat in 2020 die Jan Rabie-Rapport-prys gewen het. Sy nuutste boek, Klein Konings, verskyn in 2025. Hy is uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel Stigting en werk met jong skrywers by Paulet Huis in Somerset-Oos. 


Koffie en tee beskikbaar

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

KLASSIEK

Brahms en Blomme

Vrydag 25 September

11:30 | Proeviand | 60 min | R220

Met José Dias (klavier) & Johanna Roos (viool) ’n Blomsiklus deur Niel van der Watt en ’n reeks vioolwerke deur Brahms en blomrangskikkings deur Diederik Geldenhuys

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

WERKSWINKEL

Handwerk Werkswinkel 3

Vrydag 25 September

14:00 | Fouriehuis | 3 ure | R150

Ons wol-erfenis in Suid-Afrika 

Weef en Spin demonstrasie


WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

WOORDKUNS

Oulap se Rooi

Vrydag 25 September

15:00 | Congregational Kerkie | 60 min | R220

Lee-Ann van Rooi lees haar gunsteling gedigte: Jolyn Phillips, Ronelda Kamfer, Bibi Slippers en Veronique Jephtas. Sy vereer ook die ontslape digter en ikoon Diana Ferrus

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

LEEFSTYL

Happies & Wynproe

Vrydag 25 September

16:30 | Delish | 90 min | R200

Vyf verskillende wyn tipes, bedien met happies wat dit komplimenteer

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

LIGTE(R) MUSIEK

André Schwartz: Any dream will do.
My pad met Webber.

Vrydag 25 September

19:00 | Stadsaal | 75 min | R250

’n Reis deur die landskap van Andrew Lloyd Webber se musiekblyspele

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

LEEFSTYL

VRL Kuierkamer (Kaas en Wyn)

Vrydag 25 September

20:15 | Banketsaal | 60 min | R150

Bestel vooraf ’n bordjie eetgoed en ’n glas wyn om na die konsert te geniet.

Slegs op bespreking

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

UITSTALLING

Handwerk Markdag

Saterdag 26 September

09:00 tot 15:00 | Fouriehuis | Gratis

Pragtige hekelwerk, wol speelgoed, naaldwerk, smokwerk, sakke, gehekelde klere en komberse te koop. Heerlike eetgoed is ook reg deur die dag te koop.


GRATIS


WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

GESPREK

Scheepers en Skrywers

Saterdag 26 September

11:00 | Dasjesdrift | 120 min | R250

Riana Scheepers en Chanette Paul Heerlike vonkelontbyt ingesluit Chanette Paul woon in Groot Brakrivier en skryf al 30 jaar in verskeie genres. As romantikus glo sy in liefde, maar skryf ook misdaad. Déjà vu is haar 51ste boek

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

MUSIEK DRAMA

Vivaldi en die Vondeling

Saterdag 26 September

14:00 | Dasjesdrift | 60 min | R220

Lynelle Kenned (sopraan | aktrise), Johanna Roos (viool), Mario Nell (klavesimbel). Teks: Riana Scheepers | Regie: Niël Rademan | Ontwerp: Lindi Heila Smit


Anna Maria della Pietà was Venesië se wonderkind. Reeds op agtjarige ouderdom was sy violis, komponis, en op twaalf die jongste eerste violis van die Ospedale della Pietà se beroemde kloosterorkes. As vondeling was sy, kind van ’n prostituut, klein genoeg om deur die kinderpoort van die klooster gedruk te word – en dit te oorleef. Haar musiekmeester was die briljante, eksentrieke Maestro Antonio Vivaldi.


In hierdie klein meesterwerk van musiek en verhaal word die lewe van Antonio Vivaldi se mees sukesvolle leerling uitgebeeld. Anna Maria se fenomenale ontwikkeling van weerlose vondeling tot gesogte Maestra di Violino én Maestra di Coro.

WhatsApp Image 2025-04-17 at 16.52.03.jpeg

LIGTE(R) MUSIEK

Rocco de Villiers (pianis)

Saterdag 26 September

16:00 | Dasjesdrift | 60 min | R250

Nostalgiese en moderne musiek, en ’n splinternuwe boek

Dinsdag

23 September

Woensdag

24 September

Donderdag

25 September

Vrydag

26 September

bottom of page